‘ek kan nie almal help nie’ Huisgenoot March 2013

Click here to view article —->Ek kan nie almal help nie Pg1

Toe ’n blonde blouoogkleuter op Oujaarsaand in 2011 onherkenbaar met vuuraansteekjel verbrand, het die foto’s blitsvinnig oor die internet versprei (Ons kind in vlamme, 1 Maart 2012). Die beelde van ’n brose Pippie Kruger (toe 2) met brandwonde oor 80 persent van haar lyfie het mense se harte geruk. Toe gryp hulle na hul beursies in ’n poging om haar pyn te verlig en haar wonde te help genees. Maar nou met die moedige meisie flink op die herstelpad het ’n nuwestorm om haar ma, Anicè (28), se kop losgebars – oor daardie meer as R1 miljoen wat ingestroom het. Nadat sy ’n roerende brief op haar Facebook-blad geskryf het oor die lot van ’n ander meisie met brandwonde, Celiwe Maseko (5) van Limpopo, is Anicè van geldgierigheid beskuldig. Daarby is beweer daar is ongerymdhede met die geldsake van die Pippie se Gesiggie-fonds. Vandag, maande ná die baanbrekersoperasietoe Pippie dieeerste pasiënt in Suid-Afrika was op wie haareie gekloonde vel oorgeplant is (Nuwe vel vir ons vegter, 24 Mei 2012), lyk Anicè effens verslae, selfs ontnugter. Sy wil nie eintlik oor die Facebook-voorval praat nie, want alles is nou uitgepluis, sê sy. Maar dan vertel sy tog, want sy wil nie hê