HOOP VIR PIPPIE SE BREIN – Huisgenoot – October 2012

Die moedige vegtertjie se ma en dokter vertel hoe sy tuis elke dag ál sterker word
Deur Danél Blaauw Foto’s: Luba Lesolle

  • Hoop vir Pipplie

Click here to view article —->Hoop vir Pippie se brein

DIE sametrekking is so erg, haar skouers trek agteroor. Haar rug lig van die matras af op en haar bene ruk stokstyf. En net soos ’n dansende ballerina s’n, strek Pippie Kruger se voetjies met gepunte tone ondertoe. “Dis nie ’n spasma of stuipe nie; dis net ’n tipiese driejarige wat ’n tantrum gooi,” vertel ma Anicè met Pippie nog stokstyf in haar arms. Waar sy Pippie vashou, wil-wil die moedeloosheid deurslaan. Die dag was weer veeleisend, nes elke dag vandat die kleuter drie weke gelede ontslaan is uit ’n rehabilitasiekliniek in Auckland Park, Johannesburg. Die meisietjie in pienk is moeg en geïrriteerd. Sy wil nie die lasagne eet wat Anicè haar lepel vir lepel probeer voer nie. “Isabella, is jy nou moeilik?” vra haar ma. Anicè glo nie haar kind het breinskade nie, maar dr. Ridwan Mia, die plastiese chirurg wat gekloonde vel op Pippie oorgeplant het, meen sy het wel (Nuwe vel vir ons vegter, 24 Mei). Volgens hom is dit soortgelyk aan beroerteslagoffers s’n en kan dit herstel. “Pippie het meer as een hartstilstand gehad en die suurstoftoevoer na die brein is afgesny. Daar is beslis breinskade. Daarvan is ons heeltemal oortuig,” sê die chirurg. “Maar sy kry nie stuiptrekkings of spasmas weens breintrauma nie. Sy is bloot styf omdat haar spiere nog swak is.”